Toekoms Namibië Oorsig



Ek wil graag die mense bedank wat lief is vir Namibië en ‘n blink toekoms vir hierdie land sien. Deur besprekings, en jul opbouende kritiek, verseker julle dat hierdie projek deur die tyd sal verbeter.

Hierdie boek sou nie moontlik gewees het sonder die raad en aanmoediging van dr. Detlef Frormann nie. Dr Frormann is die eienaar van Credit Düsseldorf Frormann KG, 'n sake-inligting maatskappy in Duitsland. Die maatskappy spesialiseer in die bestuur van kredietrisiko en besigheid en verbruiker inligting vir die besigheids-na-verbruikers sektor. Dr Frormann is ook die eienaar van die Gasteplaas Okomitundu in die Karibib Distrik naby Otjimbingwe. (Otjimbingwe was die eerste koloniale hoofstad van Namibië.)

Detlef werk al vanaf 1999 saam met my op die ontwikkeling van ‘n sentrale register stelsel vir Namibië en die SAOG-streek. Dit het baie tyd in beslag geneem, en het ‘n jaar opvoeding in Duitsland ingesluit. Baie van ons tyd was spandeer op regering instansies om hulle te oortuig van die voordeel so ‘n register. Nou nog moet ons menses probeer oortuig van die baat ons menses sal vind by so ‘n register.

No comments:

Post a Comment